Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Plakkery ontwrig Oudtshoorn

Op Oudtshoorn heers algehele wanorde en wetteloosheid met die opslaan van plakkershutte op elke oop stukkie grond.

Te midde van alles en die ongelukkigheid van baie inwoners, skitter die politieke leiers in hul afwesigheid en rep nie ’n woord nie.

Dít nadat die adjunkpresident van die land verlede week in vraetyd in die Nasionale Raad van Provinsies die politieke leiers versoek het om daar te wees wanneer die eerste plakkershut opgeslaan word en toe te sien dat dit onmiddellik afgebreek word.

Die feit dat hulle nou regs­advies inwin, is mos ’n bewys dat hulle geen benul het hoe om die wanorde te stop nie.

Verdere hartseer is dat êrens in die toekoms van die polisie verwag gaan word om die skuilings af te breek. Húlle beland dan in die spervuur terwyl die raadslede, wie se toedoen dit is, lekker in hul kantore sit.

In die afwesigheid van sterk leierskap is dit dringend noodsaaklik dat die provinsiale leiers van politieke partye hulle self kom vergewis van hoe sleg die dorp lyk.

Meer oor:  Bekommerd  |  Oudtshoorn  |  Mystem  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.