Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Plan met pensioenfondse absurd

Na aanleiding van nuusberigte oor die absurde voorstelle van dr. Blade Nzimande, veral ten opsigte van pensioengeld vir finansiële hulp aan studente, wil ek graag die volgende opmerkings maak:

  • Dit is net onverstaanbaar dat “intelligente” mense aanhoudend skimp en voorstelle indien ten opsigte van aanwending van geld van die Staatsdienspensioenfonds (GEPF), soos deur die geagte min. Nzimande en die vorige adjunkminister van finansies, Sfiso Buthelezi.
  • Lede van die Pensioenfonds is regtig nou siek en sat daarvoor dat wanneer daar iewers geld benodig word, daar veral na die GEPF gekyk word.
  • Die Vereniging vir die Monitering en Voorspraak van Staatsdienspensioene (AMAGP) en ander instansies soos die DA, VF Plus, PSA en Solidariteit het ook by herhaling gesê dit is onwettig om pensioengeld sito-sito aan te wend. Die Staatsdienspensioenwet is baie duidelik: Geld moet tot voordeel van die eienaars van die fonds belê word en moet bydra tot die volhoubaarheid van die fonds.
  • Die beleggings van die pensioenfonds was reeds lank voor Covid-19 onvoldoende om bestaande pensioene uit te betaal. Uitgawes soos nou voorgestel, sal die GEPF dieselfde paadjie as die Transnet-pensioentrekkers laat loop.
  • Nzimande, Philemon Mapulane, ANC-LP’s, Cosatu en ander organisasies behoort teen hierdie tyd al deeglik bewus te wees dat veral die GEPF nie daar is om vir elke bankrot of wat ook al instansie finansieel in te staan nie. Dit is onwettig. Hulle moet dit nou asseblief aanvaar en die gevolge dra.

Terloops, is Cosatu en die parlement se pensioenfondse beskikbaar, en hoeveel is hulle bereid om te gee?

Op 18 Oktober 2016 het Abel Sithole op ’n voorstel van Floyd Shivambu van die EFF dat 5% van maandelikse pensioenbydraes aan die #FeesMustFall-beweging geskenk moet word, geantwoord dat dit onwettig sal wees omdat die fonds aan sy lede behoort en nie aan die staat nie.

Nou is hy en die GEPF se raad van trustees doodstil.

Meer oor:  Pensioenfondse  |  Plan  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.