Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Plant saadjie van hoop, gesondheid

Die korona-inperking bied ’n unieke geleentheid aan gesinne en almal met toegang tot water en grond om saam ’n nuwe groentetuin-rewolusie te begin.

Kinders en ouers kan saam die vreugde en opgewondenheid ervaar om hul saadjies (van eie en enige keuse) in die grond of in enige denkbare houer te saai.

Groentesaad is by alle bekende koswinkels te koop.

Hierdeur kan ook die uitdagings van te veel tyd op hande en verveling, teengewerk word. Kinders kan hul ouers of andersom, geduld aanleer!

Speel-speel sal die saadjies tot vars en gesonde groente- en kruietuine groei en siedaar, almal begin gesonder eet en leer om skaars geld beter te benut.

Ons nooi almal uit en daag gesinne om hul eie tuine te begin. In townships gaan ons mense aanmoedig om aktief deel te neem. Die verlengde skoolvakansie hou groot moontlikhede vir ’n groener en gesonder Suid-Afrika in.

Indien kerkleiers die ouer mense kan inspireer om hul ervare “groenvingers”-talente in die vensterbanke van tehuise, wonings of waar ook al ten toon te stel, sal kinders en kleinkinders by die wyse gryses leer plant en kers opsteek.

Skoolhoofde en hul personeel kan die sosiale media inspan om leerlinge en ouers te motiveer om die geleentheid te benut.

Hierdie Sade van Hoop, Gesondheid en Vriendskap kan en sal ons help om nuut na onsself, ons saamwees en gesondheid, te kyk.

Meer oor:  Mystem  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.