Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Politici: Integriteit bly belangrikste

Johann Maarman se rubriek (19:04) laat my dink aan ’n benoemingstryd jare gelede in die destydse kiesafdeling van Wakkerstroom.

Dr. Jan Kemp,(BA LLB, MBChB), seun van genl. Jan Kemp, voormalige minister van landbou, het besluit om Herman Martins, sittende lid van die Volksraad (LV), uit te daag as kandidaat van die Nasionale Party (NP). ’n Vergadering van ingeskrewe lede van die NP is belê en Kemp as die uitdager kon die vergadering eerste toespreek. Hy het klem gelê­ op sy kwalifikasies en afkoms. Maar toe Martins antwoord, het hy gesê: “Dames en here, hier is ’n spook in ons midde. Ons sien die man, maar nie sy spore nie! Ek het nou wel nie vier universiteitsgrade nie, maar ek het ’n ruggraat.”

Hy noem toe wat hy al vir die kiesafdeling gedoen het. Nodeloos om te sê, Martins het loshande gewen en het die LV gebly totdat hy in 1972 as konsul-generaal in New Orleans­ aangestel is. Daar is baie politici wat suksesvol was sonder universiteitsopleiding. Maar sover ek weet, het geeneen van hulle die skyn gewek dat hulle wel grade gehad het nie. Integriteit bly die belangrikste kwalifikasie.

Meer oor:  Johann Maarman  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.