Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Politici verwerp geweld, buiten in parlement

Toe die ANC die bewind oorgeneem het, het hy lyfstraf in skole afgeskaf. Was dit weens opregte innerlike oortuiging of wou hyvir die wêreld wys dat hy nie so ‘n “barbaarse” praktyk aanvaarbaar vind nie?

Dieselfde is met die doodstraf gedoen. Die gevolg van dié stappe was dat dissipline in skole ten gronde gegaan het en die land se moordsyfer is die hoogste ter wêreld.

Hoër as Afghanistan en Suid-Soedan se sterftesyfer te midde van burgeroorloë. Die doodstraf vir moord en verkragting van kinders moet heringestel word.

Dit sal beslis ‘n afname in die moordsyfer teweeg bring en die land ‘n klomp geld spaar. Ons tronke is reeds oorvol. Laksmanne sal toustaan vir die werk. 

Skole sal ook baat by lyfstraf. Dit moet slegs deur die hoof of onder sy toesig toegedien word en reeds in die primêre skool ingestel word.

Ons leiers is baie gesteld op die afsweer van geweld, maar baklei soos honde en katte in die parlement.

Hulle verkondig die noodsaak van eerlike oop regering, maar steel die land bankrot te oordeel aan die hoë voorkoms van korrupsie en bedrog.

Die huidige benadering werk nie en moet vervang word met die ou stelsels wat bewese sukses gehad het.

Meer oor:  Izak Bergh  |  Marchand  |  Mystem  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.