Die toename in padongelukke en -sterftes is lankal by ’n nasionale krisis verby, maar dit lyk nie of daar ’n oplossing is nie. Elke keer word padveiligheid gepredik, maar net so ontplof dit in die owerheid se gesig.
Daarvolgens kan dan beter besluite geneem word om ongelukke te voorkom. Maar ek dink nie die politieke wil is daar nie.
Dit is nie meer goed genoeg om net statistieke voor te hou nie. Dit moet ontleed word om te bepaal wat eintlik die rede vir die ongelukke is. Word werklik gekyk watter soort voertuie betrokke was, ensovoorts?
Wanneer dít bepaal is, moet swak bestuurders óf van die pad gehaal óf beter opgelei word. Dit is te sê dié wat die ongeluk oorleef het!
Of ons dit nou wil weet of nie, taxi’s is Suid-Afrika se openbare vervoerstelsel, asook een van dié grootste redes vir die padongelukke. Hoeveel keer sien ’n mens nie taxi’s wat op dubbelsperstrepe iemand verbysteek, of die spoedperk ooglopend oorskry nie? Hoeveel broodwinners sterf nie in taxiongelukke nie, met ’n verdere nadelige invloed op die reeds arm bevolking?
Ek gee toe dat die verkeersbeamptes onmoontlik oral kan wees, maar begin ’n projek waar ander motoriste hul oë en ore kan wees om oortredings aan byvoorbeeld ’n nasionale tolvrynommer deur te gee. Só kan ’n beter prentjie gekry word van hoe Suid-Afrika se verkeer landwyd lyk. Daarvolgens kan dan beter besluite geneem word om ongelukke te voorkom. Maar ek dink nie die politieke wil is daar nie.