Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Populistiese beloftes gaan niks red

As ’n mens na die skokkende onthullings in die SAID-ondersoek luister, dan is die vrese te verstane dat enigiets te wagte kan wees van die dieselfde owerheid se poging om grond/eiendom sonder vergoeding te gryp.

’n Mens kan nie help om te wonder wat werklik agter die owerheid se onrealistiese “openbare deelname”-vergaderings sit nie. Die meeste van die ontevrede en emosioneel opgesweepte gehoor verstaan duidelik nie ’n snars van wat op die spel is nie.

As jy na ’n verwaarloosde laerskool gaan en die kinders (wat jare sonder dissipline, onderwysers en boeke moes klaarkom) vra of hulle ’n gratis slaagsertifikaat of studiemateriaal verkies, wie gaan kies om deur harde werk vir hul drome te betaal?

Die president speel ’n gevaar­like spel deur op populistiese wyse onrealistiese verwagtinge te skep.

Die owerheid is in ’n gat wat hyself net al hoe dieper grawe. Afgesien van die getuienis oor bedrog en stroping van openbare ondernemings, volg hy nou met onvolhoubare beloftes van gratis hoër onderwys, swak planne vir mediese sorg en gratis grond.

Dis soos om in ’n koue winter ’n groeiende gesin te bluf deurdat jy hulle met een kombers probeer bedek deur die onderste helfte van die kombers stil-stil af te sny en bo aan te las. Die ellende is vir almal dieselfde; almal verkluim.

Die jong mense met insig wat besef dat daar eenvoudig nie genoeg komberse is nie, en wat nog iets kon bydra om die kombers te vergroot, klim eenvoudig onder die kombers uit en gaan vind elders ’n ander kombers.

Selfs die Berlynse muur kon dit nie in 1989 voorkom nie.
Donald Trump se muur tussen Mexico en Amerika sal ook nie die Mexi­kaanse uittog stop nie.

Meer oor:  My Stem  |  Populisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.