Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Porsche en ‘mansion’ is nie Jesus se styl

Oor Dana Snyman se “Pastoor At is ’n blessing” (27.10):

Vir my as Bybelgelowige Christen klink dit nie reg dat dit die Vader behaag dat mense wat geld vir die pastoor se kerk gee oordadig met materiële rykdom geseën word ten koste van ander nie. Hier plaas ek ’n vraagteken oor die slotparagraaf waar daar genoem word dat werknemers afgedank moes word sodat dié Ben-ou se onderneming kon groei.

En om te bespiegel dat Jesus met ’n Porsche Panamera sou ry en in ’n “mansion” sou woon as Hy “vandag nog geleef” het, grens aan laster. Ons Here leef, Hy is in ’n nederige stal gebore, het sy dissipels se voete gewas en verkies om op ’n donkie te ry.

Ja, vir party mense werk die voorspoedteologie! Ander volg die voorbeeld van Jesus en leef vir ander mense en vergeet van die eie ek. Dis jou keuse! Jesus is gebore in ’n stal, het op ’n donkie gery en ek dink nie ’n Porsche en “mansion” is sy styl nie.

Meer oor:  Porsche  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.