Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Poskantore gevaarliker as strande?

Die meeste van die land se strande, kuierplekke en parke is nou gesluit weens die gevaar van Covid-19. Vandeesweek het ek twee ure lank in ’n poskantoor gewag om my bakkie se lisensie te betaal en gesien ook dáár is ’n ernstige gevaar.

Mense wat staatstoelae ontvang, het in die poskantoor saamgedrom, en die meeste het nie ’n veilige afstand gehandhaaf of ’n masker gedra nie. In die tyd wat ek daar was, het die posmeester twee keer vir hulle verduidelik dat daar nie genoeg geld is om almal te betaal nie en dat hulle die volgende dag moet terugkom, maar baie het nie gehoor gegee nie en bly saamdrom.

Ek kon ook nie by my posbus uitkom om pos uit te haal nie. Iets sal gedoen moet word.

Meer oor:  My Stem  |  Poskantoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.