Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
President, bring asb. die bewyse

Suid-Afrika was, volgens pres. Cyril Ramaphosa, ná oudpres. Nelson Mandela se vrylating bankrot en die ekonomie op sy knieë (12.02).

Ek daag die huidige regering en president uit om stawende feite daaroor op die tafel te plaas. Die ANC regeer sedert 1994. Plaas dus die verskillende staatsdepartemente se jaarlikse inkomstestate van die jare 1990 tot 1995 as bewyse. Geen departement is met reddingsboeie deur die staat gehelp nie. Elkeen moes jaarliks ’n skoon oudit handhaaf.

Daar was skole met vensters én onderwysers. Hospitale met skoon beddegoed én medisyne. Transport met treine sonder gebreekte ruite en afgebrande waens. Polisie wat nie die buurtwagte nodig gehad het om hul werk te doen nie. Krag sonder beurtkrag.

En só gaan die lysie aan.

Ons was een van die wêreld se voorlopers as dit by forensiese ondersoeke gekom het. Ons lugmag was van die beste ter wêreld, maar nou word sy geskiedenis nie erken nie.

President, ons is nie kinders nie en ook nie leke nie.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Brief  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.