Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
President, hoe antwoord ek dié vrae?

Geagte Mnr die President,

na aanleidng van u onlangse besoek aan Stellenbosh en die uitnodinging wat u aan jong wit mense gemaak het. Ek is ‘n wit ouer wat jong kinders op universiteit en skool het.

Naweke om die braaivleisvuur gesels ons gereeld oor die politiek en toekoms van die land en ons kinders, totdat ons in ‘n stadium kom dat ons so teneergedruk raak dat ons ‘n wilsbesluit neem om nie verder daaroor te praat nie. Ek wil u versoek om vir ‘n paar oomblike ‘n “wit” hoed op te sit en aan u seun (sonder sy Bosasa-kontakte) te verduidelik hoekom daar vir hom, as wit jong man, ‘n goeie toekoms in SA is en hoekom hy moet hier moet bly.

My seun vra die volgende vrae: 

  • Ek moet met ‘n BBBEE-beleid meeding om ‘n werk te kry,
  • Ek moet met kwotas (of enige ander vorm daarvan) meeding om ‘n plek in ‘n sport span kry, 
  • Ek moet met ras meeding om ‘n plek aan ‘n universiteit en in 'n  koshuis te kry omdat die keuringstandaarde volgens ras geskied en nie gelyk is nie, 
  • Ons land is byna ‘n mislukte staat weens korrupsie en kaderontplooing en hoe lank gaan dit nog duur voordat ons land ‘n mislukte staat is, 
  • Byna alle openbare ondernemings is tegnies bankrot weens korrupsie en diefstal wat steeds voortgaan, sonder dat vervolging van die betrokkenes, wat meestal hoogplaaste ANC-kaders is, plaasvind,
  • Die beleid van onteiening sonder vergoeding, sonder ‘n duidelike plan oor dietoepassing daarvan,
  • Die huidige misdaadsituasie in die land met moordsyfers wat van die hoogste in die wêreld is.

My seun maak die volgende stelling: As ek trou en met ’n gesin wil begin, sien ek nie kans om my kinders in hierdie land, waar ek nie werklik ‘n toekoms vir hulle sien, groot te maak nie.

Asseblief,  Mnr. die President, ek sal bitter graag volgende keer as ek ‘n vuurtjie aansteek, iets positiefs aan my seun en vriende wil sê. 

Meer oor:  Pea Blaauw  |  Durbanville  |  Brief  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.