Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
President moet Bheki Cele dadelik afdank

Die naam Bheki Hamilton Cele is genoeg om sooibrand by menige misdaadmoeg landsburger te veroorsaak.

Soos vele ander ANC-ministers het Cele ’n omstrede geskiedenis. Weens sy betrokkenheid by die skandaal met die verhuring van polisiegeboue teen buitensporige huurgeld is hy in 2012 deur oudpres. Jacob Zuma as kommissaris van polisie afgedank. Desondanks het pres. Cyril Ramaphosa hom in 2018 met die pos van minister van polisie beloon.

In Normandien het Cele onlangs plaasboere gewaarsku dat hulle nie moet kla as hulle seerkry (vermoor word?) wanneer hulle beeste skut wat hul gewasse opvreet nie.

Op 13 Oktober 2020 het Cele erken dat hy die vorige dag die ondenkbare gedoen het deur saam met Julius Malema, leier van die ultra-radikale EFF, ontbyt te eet!

Sou Adriaan Vlok ooit met Eugène Terre’Blanche ontbyt eet? Nee! ’n Paar dae later sit die minister van polisie weer knus saam met Malema op ’n hofbankie in Senekal, terwyl Malema se anargiste buite besig is om straffeloos munisipale eiendom te vernietig en volksmoord aan te moedig met die sing van “Kill the Boer”.

Hierdeur het Cele finaal alle twyfel oor sy lojaliteit uit die weg geruim, want aan jou vriende word jy tog geken.

Cele skaar homself openlik by ’n rassistiese party en leier wat enersyds ontken dat wit plaasboere vermoor word, en andersyds moord op wit mense en wit plaasboere aanmoedig.

Cele is blatant partydig, pro-misdaad en dus nie geskik om sy pos te beklee nie. Ter wille van reg en geregtigheid moet Cele onmiddellik deur pres. Ramaphosa afgedank en vervang word deur ’n bevoegde offisier.

Meer oor:  Bheki Cele  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.