Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Prez ‘moet’ stryd teen korrupsie lei

Pres. Zuma sê mense reageer baie skerp oor beweerde korrupsie in die openbare sektor, maar hulle hanteer korrupsie in die private sektor met handskoene.

Dit is dalk korrek, maar dit beteken net dat hulle fermer moet optree teen die private sektor, nie dat hulle sagter moet werk met die openbare sektor nie. En wie se werk is dit om teen korrupsie op te tree?

Dis die regering se werk.

President, u behoort voor te loop in die stryd teen korrupsie in die openbare, sowel as in die private sektor. Doen u werk, ondersoek hulle en kla hulle aan.

Dis nou as u regering nog die vermoë het om ondersoeke te doen en mense aan te kla. Dis as die mense wat dit moet doen, nie self in glashuise bly nie.

Meer oor:  Jacob Zuma  |  Stryd  |  Private Sektor  |  Korrupsie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.