Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Private sektor kan geldmors só beëindig

Fanie Brink, Bothaville, skryf:
’n Belangrike aspek van die ANC-regering se beleid oor grondonteiening sonder vergoeding is die vraag waarom die wysiging van art. 25 van die Grondwet nodig is as dit, volgens feitlik alle regsmenings, reeds grondonteiening sonder vergoeding moontlik maak.

Die vraag ontstaan ook waarom die landboubedryf sy rykdom van ondervinding en kundigheid met die staat sal wil deel indien die regering die land se kommersiële boere se grond sonder vergoeding gaan onteien en hulle daardeur alles daardeur gaan verloor wat hulle besit?

Ek kan geen goeie rede hiervoor vind nie. Daarom is dit onverstaanbaar waarom die wysiging van die Grondwet so belangrik is. Of dit verander word of nie sal geen verskil maak nie, aangesien die huidige Grondwet reeds onteiening sonder vergoeding moontlik maak.

Die ANC-regering is lankal besig om die ekonomie en die land eers te vernietig en om dan van die private sektor te verwag om tot die land se redding te kom – sonder dat die private sektor inspraak het en voorwaardes kan stel oor die buitensporige belastinglas wat die belastingbetalers moet dra en die wanaanwending van staatsgeld.

Daarom behoort die private sektor myns insiens vir ’n slag weg te stap van dié wettelose en korrupte ANC-regering om ’n einde aan die vermorsing van die belastingbetalers se geld te maak.

Die private sektor kan nie aanhou om aan hierdie herverdeling-en-vernietigingsproses deel te neem sonder om spesifieke voorvereistes daaraan te heg nie.

Die ANC-regering het nog net vyf jaar nodig om die ekonomie en die land totaal te vernietig.

Meer oor:  Fanie Brink  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.