Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Probeer GEPF lede om bos lei?

Is daar dalk ’n kenner wat kan help om die korrekte syfer te verskaf? Op die staatsdienspensioenfonds (GEPF) se webblad is ’n verhoging van 3,6% vir staatsdienspensioentrekkers vir 2020 met ingang 1 April aangekondig. Terselfdertyd word in die verklaring genoem dat dit gelykstaande is aan die gemiddelde inflasiekoers van 2019.

’n Paar dae ná die verklaring meld die president van die Reserwebank in ’n toespraak by die Universiteit van die Vrystaat dat die gemiddelde inflasiekoers vir 2019 4,2% was. Watter syfer is nou korrek, of probeer die GEPF sy pensioentrekkers om die bos lei?

Die GEPF is kontraktueel verbind om jaarlikse ver­hogings van minstens 75% van die inflasiekoers aan sy pensioentrekkers toe te staan.

Die 3,6% voldoen wel daaraan, maar hy moet dan nie sy lede mislei deur voor te gee dat dit gelyk aan die vorige jaar se inflasiesyfer is nie, of het hy dalk ’n verskuilde agenda waarvan ons bloot nie weet nie?

Meer oor:  Mystem  |  Brief  |  Pensioentrekkers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.