Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Probeer liewer almal se las verlig

Die regering is onder druk om Eskom se skuld van R420 miljard te delg om die voorsiening van energie te verseker. As ons dit onverdiend moet doen, waarom nie sommer by die oorsprong begin nie?

Deur eerder munisipaliteite se skuld te delg – op voorwaarde dat munisipaliteite hul skuld aan Eskom betaal – word skuld op twee vlakke tegelyk verminder.

Die regering kan nog beter doen deur huishoudings se skuld namens hulle aan munisipaliteite te betaal, op voorwaarde dat skuld by Eskom afgelos word.

Dit sou selfs moontlik wees om belastingbetalers krediet te gee vir bewys van betaling aan munisipaliteite wat op hul beurt hul skulde aan Eskom betaal.

Die deurdra-uitwerking van so ’n stap behoort tog skouspelagtige verligting op vier vlakke te bring. Elke R1 by die oorsprong aangewend, kan tot R4 tot die totale skuldverligting in Suid-Afrika bydra.

Indien waarde gevind word om Eskom se skuld onverdiend te delg, moet ons eerder voortgaan om die hele land se skuld te probeer verlig.

Meer oor:  Eskom  |  Mystem  |  Skuld  |  Regering  |  Briewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.