Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Probleem met finansiering van SAL

Die finansiering van die ineenstortende Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) was van die eerste dag af ’n probleem. Die ANC-regering het alles in sy vermoë gedoen om die vergrype en swak bestuur te verbloem met oormatige finansiële bystand en ontkenning van die werklikheid tot op die punt dat die staatsfinansiering opgedroog het. Sakeredders is ingeroep en ná vele politieke inmenging is daar ooreengekom tot die omvorming van die ou SAL in ’n kleiner, nuwe weergawe. Die detail is nie juis bekend nie.

Die probleem is steeds dieselfde. Waar gaan die geld vandaan kom om die nuwe, kleiner SAL te finansier?

Die staat het nie die vermoë om dit te doen nie en alle hoop is op die private sektor en kapitaalfondsbestuur en pensioenfondse gerig. Private fondsbestuurders kan besluit op grond van beleggings- en opbrengsrisiko.

Die groot bekommernis is dat die regering druk sal uitoefen op daardie fondse waar die beleggingsmandate deur semistaatsinstellings, soos die OBK, beheer en uitgevoer word. Hier word spesifiek verwys na die Staatsdienspensioenfonds (GEPF). Hierdie fonds is en word gefinansier deur die persoonlike maandelikse bydrae van dienende staatsamptenare vir ’n ondersteunende pensioen by aftrede.

Daar is steeds die oningeligtes in vakbonde, regeringsadviseurs en politieke belangegroepe wat die mening toegedaan is dat die GEPF via die OBK moet instaan met finansiering waar ander beleggers sku is om toe te tree.

Die versoek namens pensioentrekkers aan die trustees van die GEPF is dat dit nie die staat se geld is nie en dus nie toe te laat dat dit bewillig en geïnvesteer word in ’n nuwe SAL waar daar geen agtergrond van ’n suksesvolle opbrengslewerende bedryfsorganisasie is nie.

Moenie die pensioengeld van lede van die GEPF verspil op ongetoetste projekte ten koste van die kapitaal en opbrengs van die fonds om die regering tevrede te stel nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.