Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Psigiatriese pasiënte verdien lewe van gehalte

Die Life Esidimeni-skandaal: 'n Enorme bloederige klad op ons land se naam, beskryf dr. Heinz Mödler die tragiese sterfte van 140 psigiatriese pasiënte (14.03).

"En die rede hiervoor? Hulle was psigiatriese pasiënte." Mödler verwoord dat, indien ons onsself as 'n beskaafde nasie beskou, ons vinnig ons psigiatriese sokkies sal moet optrek. "The hallmark of a civilized society is to punish cruelty without practicing it".

Hy gee voorbeelde van bekendes met chroniese  psigiatriese siektes, wat talentvol groot en kreatiewe bydraes tot die wêreld gelewer het (William Minor, Virginia Woolf, Nietze en Ingrid Jonker on der andre). Hy pleit verder dat,  hoe meer gehawend 'n individu, hoe belangriker is dit om die beste besluite namens daardie persoon te neem. 

Terwyl die Esidimeni-skandaal  oor sterftes gaan, is my opinie as psigiater  dat toepaslike psigiatriese rehabilitasie die groter prentjie is wat hier aandag moet kry: In 'n omgee-stelsel en omvattende psigiatriese dienste moet dit nie net gaan oor versekering van persoonlike veiligheid, waarby gerieflike onderdak-beskutting, gesonde maaltye, simptoom-verligting en die instandhouding van menseregte nie. 

Essensiële psigiatriese dienste moet insluit: Toegang tot dienste wat pasiënte se behoeftes en wense realisties hanteer; hulle verryk met aktiwiteite wat vervulling en satisfaksie gee (selfontwikkeling); gesonde leefstyle bevorder; en bemagtiging waarby 'n individu se stem en keuse sover prakties moontlik betrek word by besluite rondom sy/ haar lewe.

Psigiatriese rehabilitasie, soos vir pasiënte van die Esidimeni-tragedie, behoort en vereis ontwikkeling van die betrokkene se vaardighede en ondersteuning wat verwant is aan sy/haar talente en doelwitte. 

Mödler het deur sy artikel en voorbeelde van bekendes die fokus selfs breër geplaas as slegs "punishing cruelty without practicing it", en ek dank hom hiervoor.  Dit gaan oor verbetering van funksionering sodat hulle, ten spyte van kroniese psigiatriese siekte, suksesvol en bevredigend kan lewe.

In dienste vir pasiënte met langtermyn psigiatriese siektes moet dit dus uiteindelik gaan oor kwaliteit van lewe, nie bloot oorlewing, as ons werklik 'n beskaafde samelewing is.  

Meer oor:  Oudtshoorn  |  My Stem  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.