Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Puk bly my alma mater, al brom ek

Soos Callie Coetzee, Kobus van der Walt, Pieter Mulder en Henk Kruger het ek ’n verbintenis van baie dekades met die Puk.

Saam met van hulle het ek in 1969 eeufees gevier, die Mislied gesing (tot vandag toe steeds vals) en T-hemde verwerf vir baie aktiwiteite.

Nou, ná hul briewe, moet ek dit vir my uitmaak of ek nog ’n alma mater het.

Maak geen fout nie: Ek vereenselwig my met hul oordeel oor die kleinlikheid van hoge besluitnemers wat niks wil weet daarvan om die Teologiese Skool se 150 jaar saam te vier nie.

Maar ek troos my daaraan dat dieselfde kokkedore seker ook nie toustaan om fees te vier oor die Universiteit van Bophutha­tswana (Unibop) nie.

Ons het vooraf geweet dinge gaan verander.

Self het ek daarom deel gehad daaraan om sekere versamelings en items liewer by die Erfenisstigting te laat teregkom.

Maar gister loop die ou pen-sioentrekker oor die kampus en verlustig hom aan hoe baie die ou Puk steeds bydra tot wat nou die NWU is.

En ek is dankbaar oor die welwillendheid en vriendelikheid wat ek nog sien.

Rasioneel soos ek veranderinge ná 1994 ondersteun het, is sekere dinge emosioneel natuurlik moeilik om te verwerk, soos nou ook met die NWU.

Maar net soos ek ’n land het (en nie hunker na die silwer ­varing nie), het ek nog ’n alma mater, al brom ek.

Baie van ons het ma’s wat in hul ouderdom anders lyk en optree en selfs ander vanne het. Maar hulle bly ons s’n.

Net so bly die Puk/NWU myne, ten spyte van die agendas in F1.

As ek naïef is, broeders, vergewe maar.

Meer oor:  Pukke  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.