Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ramaphosa en Biden se raakpunte

Cyril Ramaphosa en Joe Biden het ’n paar gemeenskaplike eienskappe: Geduld is een daarvan.

Albei het geduldig gewag op hul beurt om die leisels oor te neem. Hulle het die steun geniet van die eerste swart presidente van hul onderskeie lande, naamlik Nelson Mandela en Barack Obama.

Hulle kom uit dieselfde breë agtergrond: Ramaphosa uit die vakbondwese en Biden uit ’n werkersklas-familie.

Hulle het albei ’n geskiedenis as kampvegters vir diegene wat aan die kortste ent trek en is sterk onderhandelaars. Hulle verkies onderhandelde oplossings, wat natuurlik meer tydrowend is, maar ook meer standhoudend.

Albei is goeie bestuurders en geniet globale erkenning vir hul hantering van die pandemie. Die feit dat albei spanspelers is, dra grootliks by tot hul sukses.

Hulle het aan die bewind gekom in lande wat deur hul voorgangers gepolariseer is. Biden, synde van ’n ander party as sy voorganger, het die voordeel gehad dat hy sy span met die hand kon uitsoek. Ramaphosa, daarenteen, het sy span (sommige gekontamineer) grootliks van sy voorganger geërf.

Staatsinstellings in albei lande is hoofsaaklik gelei deur aanstellings van hul voorgangers. Biden het die voordeel gehad dat hy kon skoonmaak in pas met die Amerikaanse stelsel en tradisie.

Ramaphosa het nie die magsbasis gehad om eenvoudig van ANC-lede in senior poste ontslae te raak nie. Dit spreek vanself dat dit ’n stadiger proses gaan wees om die Suid-Afrikaanse skip om te draai as in die geval van die VSA.

Die voordeel wat Ramaphosa het, is dat sy party die ondersteuning van die meeste Suid-Afrikaners het. Ongelukkig is daar faksies binne sy party wat sy posisie as leier verswak.

Hoewel nasionale heropbou en internasionale brugbou Biden se korttermyn-fokuspunte gaan wees, is die goeie nuus dat Afrika weer sy regmatige plek op die Amerikaanse agenda sal inneem.

Meer oor:  Joe Biden  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.