Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Rassie en Jacques, waarom so stil?

Rassie Erasmus en Jacques Nienaber, waarom is julle so stil?

Dít is die vraag wat by my opgekom het toe ek Ross van Reenen se brief (07.10) gelees het oor die Cheetahs wat uit die Europese Pro-reeks geboender is.

Hulle albei is immers stewig in Vrystaatse grond gevestig.

Nie net het Erasmus in 119 wedstryde vir die Vrystaat uitgedraf nie, hy het ook die Vrystaatspan afgerig. Nienaber, ’n produk van Grey Kollege in Bloemfontein, was deel van Erasmus se afrigtingspan, ’n kombinasie onder wie se afrigting die Springbokke verlede jaar die Wêreldbeker gewen het. Ek vind dit dus onverklaarbaar dat hulle twee gedweë sal toekyk hoe Saru die Cheetahs se ondergang bewerkstellig. Niemand behoort beter as hulle te weet dat Saru netsowel nou al ’n bed vir Springbok-rugby in ’n waakeenheid kan bespreek as die Cheetahs sou ondergaan.

Die enigste afleiding wat ek kan maak, is dat die borge die grootkoppe – en dus Erasmus en Nienaber – aan die kort hare beet het.

Meer oor:  Mystem  |  Jacques Nienaber  |  Rassie Erasmus  |  Briewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.