Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Rassisme deel van sondige menswees

Ek hoop om deur iets oor kleintydse jeugdige persepsies van ras, kultuur, etnisiteit en versoening ’n bydrae te lewer.

Ek, tans in die tagtig, het grootgeword in ’n Afrikanergesin in ’n middelklas- Joodse en Engelse buurt in Johannesburg. Dit was nie te ver van die swart woongebied Alexandra nie, dus was swart huis- en tuinwerkers geredelik beskikbaar. Ons het hulle as werkers, maar ook as medemense, geag.

Ons is grootgemaak met die ouer­like voorbeeld dat ons mense van ander­ etniese en rasgroepe moet re­spekteer en beleef moet benader, maar nie noodwendig met die oogmerk van affiniteit en blywende vereenselwiging met hulle nie.

My eerste ervaring van etniese verskille was toe die vyfjarige Alex Paterson van twee huise verder af hom ewe manhaftig, met sy vuisies gebal, voor die tuinhekkie kom plant het met: “I am a Roman Catholic!” Ek het nie verstaan wat dit behels en of hy my fisiek wil uitdaag nie, maar ons het tog later lekker saamgespeel.

Besoeke van In­diër-mans op perdewaens wat met vrugte en groente gesmous het, was vir ons opwindend en ons het graag van die afgebreekte wortellowwe vir die perde gevoer. Dat ons die Indiërs as Sammy aangespreek het, was nie weens meerderwarige rasoorwegings nie.

My eerste werklike ervaring van rassisme was op hoërskool, toe ek gesien het dat van die groot seuns drie-drie langs mekaar op die sypaadjies geloop het. Moedswillig het hulle aankomende swart mense gedwing om liewer in die straat te loop, anders word hulle afgeskouer.

Eenkeer was feitlik die hele skool op die stasie-perron wagtend op die trein na Krugersdorp vir ’n atletiekbyeenkoms. ’n Trein het van die westekant ingekom en wit en swart kinders het na mekaar gespoeg, heen en weer verskreeu en met lemoenskille gepeper. Dit was vir my so sleg dat ek dadelik terug huis toe is. Rassisme is eintlik maar deel van ons sondige menswees. Versoening word gelukkig wyd en syd nagestreef.

Meer oor:  My Stem  |  Rassisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.