Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Rassisme eerder ’n sielkundige verskynsel?

Oor die onuitroeibaarheid al dan nie van rassisme het ons nou die hoogs akademiese sienings van ’n politieke wetenskaplike en van ’n filosoof gelees. Maar is hierdie nie grootliks ’n sielkundige verskynsel nie? Wat sê die sielkundiges?

Bygesê, ’n mens moet dan dadelik stel dat nie gepraat word van mense, by uitstek politici en sogenaamde ras-slagoffers, wat die publiek se rassisme uitbuit en aanblaas nie – hulle is baie maklik te verklaar. Maar laat ons dink aan die onuitroeibare en misbruikbare rassisme. Wat sê sielkundiges. Op grond van Sielkunde I uit die jaar toet, dus ’n beskeie mening.

Mense, eintlik ons almal, is geneig om stereotipes te vorm. Die woordeboek sê stereotipering is die vorming van ’n vaste indruk in die gees van iemand, ’n indruk wat nie nuanses en ander verskille of variasies in ag neem nie.

Die nut van stereotipes is dat dit ons help om ons omgewing, en veral ons medemense, maklik op te som en te klassifiseer. Soos in: “Wees versigtig, jy kan ’n swart mens net vertrou sover jy hom kan sien”, en: “Wit mense dink hulle is baie slim en kyk op alle ander mense neer en misbruik hulle.”

Dis nie nodig om verder te dink nie, want jy handel en praat volgens jou “kennis” wat verband hou met die ooglopende velkleur. Dus is dit nie nodig om hierdie individu as sulks te beoordeel nie.

Kan daar iets daaraan gedoen word? Dit help as jy besef dat jy mense stereotipeer. Maar ek dink die maklikste (enigste?) wat daaraan gedoen kan word, is om die stereotipe van die groep waartoe jy behoort, te probeer regstel.

Weet ’n bombastiese wit boelie wat hy doen aan die beeld van ander wit mense; besef die ANC wat hy doen aan die beeld van sy mense as hy onbevoegde swart kaders ontplooi?

Om te eindig met ’n voorbeeld van sinvolle optrede in dié verband, dink aan Gift of the Givers.

• Laat hoor van jou: Stuur jou brief na dbmening@dieburger.com. Briewe moet vergesel wees van die skrywer se naam, adres en telefoonnommer. Briewe korter as 350 woorde sal voorkeur kry. Die Burger behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort. Publisering van briewe word nie gewaarborg nie en berus by die brieweredakteur. Geen kommunikasie sal daaroor gevoer word nie.

Meer oor:  Lesersbrief  |  Rassisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.