Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Rassisme en SEB nek omgedraai?

In hul artikel “Ras, dit bestaan nie” (17.11) sê prof. Jurie van den Heever (paleontoloog) en dr. Chris Jones (teoloog) daar bestaan nie werklik iets soos ras nie. Hulle sê onder meer: “Ná alles is dit dus duidelik dat, wat mense betref, daar net een ras op aarde bestaan en dit is die menslike ras. Wanneer amptelike vorms ons ras vereis, vul dit net met ‘mens’ in die ruimte.”

Indien dit wat die skrywers voorhou waar is, beteken dit dat rassisme nou vir ewig nek omgedraai is, want ras is net ’n mite. Iemand wat van rassisme aangekla sou word, hetsy deur die regstelsel en/of die MRK, sal hulle kan verweer met ’n pleit dat rassisme per se nie ’n misdaad daarstel nie, want ons is dan een ras (mens). Crimen injuria sal wel steeds ter sprake kom.

Indien amptelike dokumente vereis dat ras aangedui word en ons dan slegs “mens” aandui, word nog ’n belangrike kwessie opgelos, te wete SEB, want ons is almal net mense. Diskriminasie sal dus onbillik wees.

Hul menings het meriete, maar sal nooit die toets van redelikheid in ons regstelsel, waaronder die howe, deurstaan nie.

Meer oor:  My Stem  |  Ras
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.