Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Rassisme veel eerder só oorkom

Proff. Amanda Gouws en Anton van Niekerk (en byna elke ander denkende mens) worstel met die werklikheid van rassisme.

Die professore verwyt wit mense, veral Afrikaners, dat hulle die groot rassistiese sondebokke is. Maar in werklikheid worstel alle groepe met verskillende kulture, paradigmas, en lewens- en wêreldbeskouings.

Die verklaring is eenvoudig: Soort soek soort. Dis hoe ons werk, dis deel van ons identiteit en dit veroorsaak legitieme verskille in persepsies, ervarings, waardes en gedrag wat dikwels lei tot botsings.

Ons identiteit word gevorm deur ons kulturele milieu, veral in ons kinderjare. Dit help my nie om te ontken dat ek as seuntjie gebore is in die milieu van die sogenaamde armblankevraagstuk en ’n Bybelse waardestelsel nie.

Ons is geleer dat die wêreld ons niks skuld nie, dat ons ons moet bekwaam, woeker met ons Godgegewe talente en geleenthede, en dat daar nie so iets is soos onmiddellike bevrediging of eise en aansprake is nie. Só sou ons dan eendag bo kon uitkom en kan deel in die voorspoed en status van “suksesvolle mense”.

Dít het my onderskei van talle mense uit ander kulture en veroorsaak dat ek bekwaam (“competent”) was om die voordele en verantwoordelikhede van die “Christelik-Westerse kultuur” tot my eie te kon maak.

Ek het gesien dat mense van ander kulture en rasse dit ook kon doen, maar dan moes hulle baie waardes van hul eie kulturele “funksionele identiteit” prysgee en die een aanvaar wat hulle bekwaam (“competent”) maak om in te pas by die een waarvan hulle die uitkomste begeer.

As ons rassisme wil oorkom, sal dit baie help as ons wegbeweeg van strategieë soos “social engineering” of suksesvolle groepe skuldig te laat voel en kwalik te neem vir ander se agterstande.

Ons moet eerder praat oor “funksionele identiteit” en watter vorm daarvan mense oplewer wat “competent” is in die kontemporêre kulturele milieu en dus bevorder moet word.

Meer oor:  My Stem  |  Rassisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.