Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Realisme oor ‘ras’ in ons land is noodsaaklik

Ek waardeer Jeanette Snyman se reaksie (15.04) op my brief (09.04) waarin ek pleit om ’n wegbeweeg van die debat oor “rassisme” en dit vervang met een om “competence” – behalwe dat sy sê ons mag nie praat van “ons” en “hulle” nie.

Dit is juis my punt: Ons móét, aangesien “ons” en “hulle” ’n onontkenbare werklikheid is. Die verskil tussen “ons” en “hulle” is nie grondliggend velkleur nie, maar botsende kulture met verskillende waardes en doelwitte.

Die positiewe vrugte van die sogenaamde “Christelik-Westerse” kultuur word deur seker 90% van Suid-Afrikaners begeer, maar dit is die vrug van “competence” op talle vlakke.

Die verwerwing daarvan, deelname daaraan en positiewe genieting daar-van is eweneens gekoppel aan “competence”. Of ek daarvan hou of nie, is irrelevant. Dit is die werklikheid en dit het niks met velkleur (of “ras”) te doen nie.

Die feit dat meestal wit mense die voordele van dié kultuur geniet, het meer met relevante kennis en die praktiese toepassing daarvan (die voorvereistes vir “competence”) te doen as met “apartheid” en “ras”.

Dat wit mense meer as bereid was om dit met almal te deel, is (in my ervaring) ’n werklikheid. Die “voorspoed” wat die “Christelik-Westerse” kultuur gebring het , was onvolhoubaar sonder ander “competent” Suid-Afrikaners. Ongelukkig was die “competence” in ander kulture grotendeels irrelevant vir die eise van die moderne kultuur.

Ons moet waak teen ’n geïdealiseerde siening van ubuntu. Het byvoorbeeld Shaka sy ryk gebou met ubuntu of met ’n “competent” manier van oorlogvoering en assimilasie van verowerde stamme? Hoe het ubuntu gemanifesteer in necklacing? Waar was ubuntu toe na raming 30 000 swart mense gesterf het in die faksiegevegte voor die aanbreek van die “nuwe Suid-Afrika”?

Ek dink my argument word ondersteun deur pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging dat kaderontplooiing vervang moet word met “competence” – ’n aankondiging wat genoodsaak is deur die dreigende katastrofe waarheen “incompetent” mense Suid-Afrika gelei het.

Meer oor:  My Stem  |  Ras
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.