Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Red nou 'n volk met sulke amptenare

Ek is eksekuteur vir my oorlede suster se boedel. Uit die aard van die saak moet ek geregistreer word om die boedel af te handel.

Ek het die aansoek al verlede jaar op 18 April by die landdroskantoor te Humansdorp ingedien. Hulle het aan my bewys gelewer dat hulle dit binne die eerste week ná die aansoek datum na Bisho gestuur het. Die departement van binnelandse sake moet sekere stukke aan die landdroskantoor op Humansdorp stuur. En dit is hier waar die knoop lê.

Sedert die helfte van April vanjaar sukkel ek al om die nodige stukke te ontvang. Elke keer as ek die verantwoordelike beampte skakel, is die standaard antwoord: “Meneer, die stukke is gereed is Bisho, maar hulle is van ‘lyn’ af, ons kan nie die stukke ontvang nie!” Ek het al met die landdros op Humansdorp gepraat en hy verseker my dat dit wel die geval is. Hul hande is afgekap, die probleem lê by die kantore van binnelandse sake te Bisho.

Ek het byna ‘n jaar gewag dat die saak te Bisho by die Kantoor van die Meester van die Hooggeregshof afgehandel moet word en nou wag ek al ses maande dat die nodige stukke net per internet van Bisho na Humansdorp gestuur moet word. Ek het al oorweeg om dit te gaan haal, maar ek is baie seker dat ek dan dae in King Williams Town sal moet oorbly om hulle kans te gee om die nodige stukke te soek!

Dit is een van die redes waarom ons landsadministrasie so korrup is, hulle kan nie eens iets eenvoudigs soos die internet in stand hou nie, wat te sê nog ‘n totale landsadministrasie!

Red nou ‘n volk met só ‘n onbeholpe spul amptenare!

Meer oor:  Frikkie Sutherland  |  Jeffreysbaai  |  Brief  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.