Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Red ons joernaliste, teken in op Netwerk24

Ek skryf uit magtelose woede, na aanleiding van die dood van die radio-joernalis Suna Venter.

Mediavryheid is direk afhanklik van betalende kliënte. Om vir jou koerant te betaal is uitstekende waarde vir geld.

Wat kan ons vir ons beleërde joernaliste doen? Word ’n intekenaar van Netwerk24.

Vir ’n skamele R99 per maand kry jy die nuus soos wat die joernalis dit nou net gaan haal het. Jy het toegang tot al die koerante, selfs die Sondagkoerant en streekkoerant.

Met die e-koerant kan jy selfs die advertensies lees, en sien wanneer jou munisipaliteit se roerende bates op ’n veiling verkoop word.

Met die soekfunksie kyk jy elke dag of daar iewers iets oor jou dorp gesê word.

Jy kan ook ouer berigte gaan opsoek om jou feite op die punte van jou vingers te hê.

Mediavryheid is direk afhanklik van betalende kliënte. Om vir jou koerant te betaal is uitstekende waarde vir geld.

En ondersteun asseblief die ondernemings wat adverteer in die gedrukte media.

Die volbladadvertensies in die middel van die koerant wys dat sake-ondernemings begryp dat mediavryheid ’n prys het.

Elkeen van die kleiner adverteerders help ook om die wiele aan die rol te hou.

Aan ons joernaliste: Hou kop, hou koers, hou moed. Pas jouself mooi op, sonder julle kan ons nie die stryd voortsit nie.

Meer oor:  Suna Venter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.