Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Reëls oor motorbatterye pla

Verlede Vrydag wou my vrou noodsaaklike voorraad gaan koop.

Toe sy die motor wou aanskakel, was alles net dood. Ek bel ’n battery-onderneming in Montanapark om vas te stel of hulle gedurende die inperking batterye verkoop. Hy sê hoewel hulle gesluit is, mag hulle in ’n noodgeval batterye verkoop – maar slegs aan iemand wat ’n noodsaaklike diens lewer, wat my uitsluit.

In my geval is my motor vir my ’n noodsaaklike bate waarsonder ek of my vrou nie kan wees nie. Ons kan met die inperking nie iemand bel om ons winkel toe te neem nie, en wat gebeur gedurende die nag as een van ons dringend by ’n dokter moet uitkom. En ek sit steeds sonder ’n battery.

Ek dink hier is baie ondeurdagte besluite geneem, soos ook die verbod op die verkoop van sigarette. Ek glo vir ’n roker is sy sigarette net so noodsaaklik soos ’n werkende battery vir my motor.

Mag die inperking ’n positiewe uitwerking op die virus hê, sodat dit nie verder verleng word nie.

Meer oor:  Mystem  |  Battery  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.