Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Regering dryf baie mense tot drank

In reaksie op die breedsprakige Jackson Mthembu, minister in die presidensie, se neerhalende aanmerking dat Suid-Afrikaners “soos visse drink”, wil ek net sê: “Houd den bek.”

Hy sê: “Hul drinkgewoontes is eintlik ’n groot verleentheid.”

Hierop sê ek: Jul korrupsie is die grootste verleentheid en skande, en dit besmet ons land.

Die jongste vergryp is diefstal uit die Staatsdienspensioenfonds. Onthou, God slaap nie.

Jul straf wag.

Verder voer Mthembu aan dat ’n verbod op alkohol nie vir ewig kan geld nie.

Ek sê ’n verbod op korrupsie en diefstal is heeltemal onmoontlik binne ’n Suid-Afrikaanse konteks.

Leiers word dronk en stapelgek van mag, geldgierigheid en arrogansie. Vee voor jou eie deur. Doen selfondersoek. Baie Suid-Afrikaners drink hulself bewusteloos om net te ontsnap van leiers se wandade en die woede wat daarmee gepaardgaan.

Mthembu, jy en jou kohorte dryf die mense tot drank met jul optrede. Buig ’n slag jul knieë voor God. Miskien is daar nog hoop op redding!

Meer oor:  Jackson Mthembu  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.