Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Regering kort mense met dié goeie insig

Daar is twee mense wat ek graag in ons regering sou wou sien (of dan ten minste van hul eienskappe).

Die een is dr. Imtiaz Sooliman (plus die hele organisasie Gift of the Givers).

Die ander is F.S.B.B. van Langenhovenpark (wie hy/sy ook al is), skrywer van die brief “Max se vooroordele stook wantroue in land” (30.11),

Onder leiding van Sooliman sien sy organisasie probleme en knelpunte en swaarkry raak en doen hulle iets daaraan, soos die sink van boorgate nou weer in droogtegeteisterde gebiede.

(Niemand in die regering dink aan so ’n ooglopende oplossing of verskaf die geld daarvoor nie!)

F.S.B.B. kyk verby die populêre aanname dat al ons probleme voor die deur van kolonialisme en die vloekwoord apartheid gelê moet word, terwyl die huidige konflik in ons eie land en oral ter wêreld setel in die mens se drang na oorlewing (en – mag ek byvoeg – na rykdom).

Maar kolonialisme en apartheid is sulke handige stokke om enigiemand wat in die pad hiervan staan, by te kom.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Briewe  |  Brief  |  Lesersbrief  |  My Stem  |  Gift Of The Givers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.