Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Regering moet ernstig besin oor inperking

“In die sweet van jou aangesig sal jy jou brood verdien.” Dit is wyse ou woorde, maar steeds aktueel.

Om vir drie weke of langer in ’n sinkhuisie vasgekeer te sit, maak nie ekonomies of maatskaplik sin nie. Baie werkers se selfbeeld is seker teen dié tyd, saam met die kommer oor geld en brood, aan flarde.

Om in ’n Derdewêreldland vir langer as drie weke ingeperk te bly, grens aan die absurde.

Nie eens ontwikkelde lande soos Italië en Spanje slaag daarin om die pandemie onder beheer te kry nie.

Die regering het die streng inperkingsmaatreëls eensydig ingestel sonder parlementêre debatvoering. Die regering sal moet besef die koronavirus kan nie gekeer word nie en sterftes sal bly toeneem, veral as die virus in informele nedersettings begin versprei. Die huidige samedromming van mense in hierdie gebiede is ’n resep vir moeilikheid.

Gesonde, ekonomies aktiewe mense moet liefs toegelaat word om hul dagtaak voort te sit, terwyl weerloses tot elke prys beskerm word. Die regering behoort ernstig te besin oor die verlenging van die inperking.

Met die inploffing van die ekonomie gaan maatskaplike probleme sneeubal en die ellende waarskynlik die Covid-19-sterftes oorskadu.

Staatsinmenging behoort beperk te word terwyl ons fiks en ekonomies aktief bly.

Meer oor:  Mystem  |  Inperking  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.