Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Regslui se siel

Die Amerikaanse senaat het ’n gulde geleentheid om vertroue in hul demokrasie met Donald Trump se verhoor te herstel, jammerlik verspeel.

Ek salueer die Demokrate se span wat hul saak met eerlikheid en integriteit gestel het. Ten einde nie hul volk verder te verdeel nie, het hulle nie die Republikeine aangeval nie, maar gefokus op die beskuldigde, die rol van die president en die beskerming van hul grondwet.

Die verdedigingspan se vertoning was ’n klap in die gesig vir die regsprofessie, hul grondwet en bowen­al vir waarheid en integriteit. Dis tragies om te sien hoe regsmense hul siel vir geld kan verkoop.

Trump was op 6 Januarie bereid om die land saam met hom oor die afgrond te sleep. Genadiglik het hy misluk as gevolg van gesonde instellings.

Meer oor:  Donald Trump  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.