Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Regte spelers, maar verkeerde toets

Soos Tex de Swardt (09.04) en ander rugbygeesdriftiges geniet ek ook Bun Booyens en Marco Botha se bydraes oor die geskiedenis van Springbokrugby.

Ek het dalk minder twyfel as De Swardt oor of dit wel Daan Retief en Dawie Ackermann op die foto is. Ek weet wel dat die foto nie ná die tweede toets op Athletic Park in Wellington geneem is nie. Die drie losvoorspelers in dié toets was Butch Lochner, Daan Retief en Jan Pickard, laasgenoemde as agtsteman!

Dawie Ackermann kon weens ’n kraakbeenbesering in sy regterknie, wat hy tydens die eerste toets opgedoen het, nie speel nie.

Vir die derde toets op Lancaster Park, Christchurch, was Ackermann, Lochner en Retief weer op hul pos.

Meer oor:  Bun Booyens  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.