Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Repatrieer Makhanda se mummie

As boorling van die Oos-Kaap was Grahamstad, nou Ma­khan­da, aan my bekend as ’n katedraal-stad, goeie skole en ’n gedempte atmosfeer, met feitlik niemand in sig op straat nie – baie anders as ander plekke.

Dit was ook die plek waar ek as jong kind, ná baie geneul, na die Grahamstadse museum geneem is om ’n mummie te besigtig. Nugter weet waarom dit my gefassineer het, maar nou ja . . .

Daar het die mummie regop teen die muur van ’n groot vertoonkas gestaan, in windsel op windsel toegewikkel. Dit was ’n egte ongeopende Egiptiese mummie, het ek verstaan. Maar nie wat ek verwag het nie. Heeltemal onindrukwekkend. Ek is teleurgesteld huis toe.

Jare later het ek op ’n laataandprogram op RSG gehoor dat die Titanic in die grootste geheimhouding die mummie van ’n Egiptiese prinses, wat reeds in die lewe van ’n Britse lord en sy gesin verwoesting gesaai het, na die VSA vervoer het. Hmmm?

Of dit die waarheid was, weet ek nie, maar elke keer wanneer Grahamstad, nou Makhanda, om die een of ander nie-lofwaardige en/of rampspoedige rede die nuus haal, doem die beeld van die Egiptiese mummie onwillekeurig in my geheue op.

Indien sy nog daar in die Ma­khanda-museum in ’n vertoonkas of in ’n kelder, of op enige ander plek op Makhanda is, wonder ek of dit nie tyd geword het om haar te repatrieer nie? Liefs met ’n Egiptiese vliegtuig?

Meer oor:  Mystem  |  Brief. Mummie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.