Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Resensente het groot verantwoordelikheid

Na aanleiding van Annelie Botes se rubriek in Van Alle Kante van Vrydag 15 November oor die verantwoordelike taak van resensente.

Botes het ’n onderwerp aangeroer wat ek juis ook onlangs bedink het. Dit gaan oor die verantwoordelike taak van ’n professionele resensent. Die rede hoekom ek daaroor geloop en dink het, was omdat my opinie heelwat verskil van die resensie oor een van die boeke op Die Burger se Boekeblad. Ek het die boek* ’n maand gelede al gelees en dus reeds my eie opinie oor die boek gehad. Ek het dit ook aanbeveel en aan verskeie mense geleen.

Boekeblad se resensent het egter ’n paar “slordighede” in die verhaal oorbeklemtoon. Vir my voel dit asof hierdie “slordighede” glad nie bestaan nie, en in der waarheid dalk net persoonlike afkeure van die resensent mag wees. Min of meer die helfte van die resensie handel oor negatiewe kommentaar. Die resensie sal dus iemand wat moet besluit om die boek te koop of nie beslis ontmoedig.

Ek het twee ander resensies oor dieselfde boek gelees, wat beslis ’n ander boodskap oordra. My mening is dat die boek goed geskryf en boeiend is, besonder deeglik nagevors is, en ’n algemene gevoel van hoop skep. (Die moeilike onderwerp van dié boek is naamlik die verpletterende gevolge van kindermolestering, wat lewenslank kan aanhou, indien dit nie aan die lig kom en sielkundig behandel word nie.)

Hierdie boek kan juis dien as stimulus om aan “slagoffers” die moed te gee om hul stories te vertel, en werk te maak van die “sielkundige las” waarmee hulle moet saamleef. Dit verdien beslis ’n oorwegend positiewe resensie, en meer nog – dit kan dien as ’n hulpmiddel om “slagoffers” op die pad na genesing te bring!

* Die boek waarna ek verwys is My naam is Prins, ek slaap met die lig aan, deur Christine Barkhuizen le Roux.

Meer oor:  Annelie Botes  |  Swellendam  |  Mystem  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.