Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Respek moet verdien word

Die gewelddadige protes van die EFF en ander teen die “disrespect” teenoor niewit mense laat my dink aan my ervaring as huweliksberader:

“Meneer, wat is die probleem?”

“My vrou respect my nie.”

“Wat doen jy toe?”

“Toe donner ek haar.” 

“En nou? Is die probleem opgelos?”

“Ja, sy doen nou wat ek sê!”

“Mevrou, respect jy hom nou?”

“Nee, meneer, ek is bang vir hom!”

Dan is dit ’n lang proses om hom te leer dat respek en vertroue verdien moet word: Dit kan nie deur wette of kommissies of geweld of aansprake afgedwing word nie. Maar gedurende hierdie proses moet die berader weet: Die geweldenaar het wel aanspraak op haar of sy liefde. Dit beteken om elkeen te sien en te behandel soos God wil hê jy hom of haar moet sien en behandel. 

Meer oor:  Eff  |  Brackenfell  |  Brief  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.