Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Rietdans vir koning onwettig

Henry Pool, Silverton, skryf:

Ek het met verbasing gelees dat die departement van kuns en kultuur glo die Zoeloekoning se planne goedgekeur het om teen ’n koste van bykans R1 miljard ’n plek te bou waar die rietdansgeleentheid gehou kan word.

Onthou: Dit is ’n gebeurtenis waar jong meisies, meestal minderjariges, naak of halfnaak voor “hul koning” moet dans. Ondanks talle pogings deur die koning se raadgewers om dit as ’n “kulturele” geleentheid uit te beeld, is dit vir almal duidelik dat dit niks van dié aard is nie.

In die dae van Jesus al was koning Herodes lief daarvoor om te kyk hoe Salomé kaal vir hom dans – en ons weet almal dat niks goeds daarvan gekom het nie. Mense wat in Christus glo, weet dat die bose sal floreer as goeie mans en vroue niks doen nie.

Trouens, ek sal so ver gaan as om te sê om minderjarige meisies aan te moedig om deel te neem aan so ’n geleentheid, hetsy vir die koning se plesier of as ’n soort toeristetrekpleister (soos die departement miskien glo dit is), is onwettig.

Ek is seker daar is geen uitsonderings op dié reël nie, nie eens vir ’n koning of ’n staatsdepar­tement nie.

Meer oor:  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.