Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Robbe en vissers nog nooit vriende

Ek reageer graag op die onlangse voorval toe twee vissermanne ’n jong rob verniel het. Dit sal interessant wees om te weet hoe die rob gevang is. Ek kan net vermoed dat hy in hul visnet verstrik geraak het.

Dit wat hulle aan die rob gedoen het, kan sekerlik nie goedgepraat word nie. Ek het die arme dier jammer gekry. Wat ek as Weskus-seun egter wil noem, is dat ’n rob en ’n visserman aan die Weskus nog nooit goeie vriende was nie.

Ek kan getuig van my woede teenoor ’n rob toe galjoenvang met ’n steeknet nog toegelaat was vir ’n eetvissie oorkant die ou kerkhoffie in St Helenabaai.

Jy was huilend siek wanneer jy die volgende oggend jou net optrek en net kurke en lote met byna geen net tussenin nie kry nadat meneer rob sy deel kom haal het. Dae van lap- en herstelwerk het gewag, want geld vir ’n nuwe net was daar net nie.

Hoeveel kere op ’n snoekboot, wanneer die snoek skaars was en jy ná ’n lang dag se werk en seer hande vier snoeke gevang het, moes jy een afstaan aan rob se kind wat die lyf vir hom neem en die kop vir jou los, en dit nadat die snoek reeds vas was aan jou lyn. Sekerlik sou ek hom nie ’n klapsoen kon gee as ons mekaar in die oë kon kyk nie.

Ja, die manne was verkeerd, maar die sêding is darem bekend aan die Weskus dat ’n rob te sleg is om sy eie kos te soek, en deurentyd moet steel om te oorleef.

Ek rig ’n groot asseblief aan wie ook al die saak behartig, om bogenoemde as versagtende omstandighede te sien wanneer hy of sy straf uitdeel.

Meer oor:  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.