Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Robert du Preez gooi naam weg

Terwyl ons in Suid Afrika gestem en feesgevier het oor die nuwe demokratiese bestel so 25 jaar gelede, het al die radiostasies in Rwanda 24 uur per dag gedreun met die woorde: “Kill all the cockroaches.”

Dit was Hutu’s wat die volksmoord gepleeg het. Al die Tutsi’s probeer doodmaak het. Broer teen broer. Oupa teen skoondogters. Elkeen wat in die pad gekom het en nie die regte dokumentasie kon wys nie. Sowat 600 000 tot 800 000 mense is doodgemaak. Party kon DRK, Burundi en Ghana toe vlug. Die storie is lank, maar ek was daar, Robert. Twee keer. Voordat al die kopbene, geraamtes, verskeurde klere en skoene opgeruim is. In baie lande in veral Afrika gaan die woord “kakkerlak” nie so goed af nie. Nou gaan staan jy wragtag en noem die media dáárdie k-woord.

En ons het jou ondersteun met treine vol ondersteuners na Loftus, Bloemfontein en Durban as Noord-Transvaal wedstryde wen en daardie tyd ook baie verloor.

Jammer, ou maat, maar jy het nou naam weggegooi. Jy het dit oor jouself gebring en skuld die volk ’n verskoning. En lyk my jy ken nog nie die genadelose media nie.

Meer oor:  Robert Du Preez  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.