Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Robotte gaan 'n paradys skep

Wie het nou ooit kon dink dat ons uiteindelik ook goeie nuus kan lees. As robotte oorneem (deur Erik Holm) is van die beste leesstof in die laaste tyd.

Dink net; robotte wat al die werk en nog meer as ons mense kan doen. Hulle selfs kloon. In ander woorde geboorte gee aan nog robotte en só die werklas op ons mense ligter maak, of selfs heeltemaal wegneem.

Ek wil graag ‘n nuwe motor hê en al wat ek doen, is druk ‘n paar knoppies en siedaar, robotman neem oor en kry van sy pelle om erts te gaan uitgrawe - dis natuurlik as die geoloog-botte  prospekteer werk gedoen het - die ander ouens vervoer dit smelterye toe en vervaardig die staal waaruit my motor gemaak gaan word. ‘n  Ander spannetjie begin om ander materiale vir die binnewerk reg te kry. Nog ander botte kry die glasware reg en die ander ouens doen die sagteware om al die nodige elektroniese funksies uit te voer. Die bot-rubberfundi’s kry die bande reg en siedaar, binne ‘n paar dae het ek ‘n nuwe motor.

Die boere sit op hul stoepe en die landboukundige robotte doen hul ding om die grond reg te kry vir die plant van saad, of wat ookal hulle dink geplant moet word. Hulle sal by hul kunsmis-pelle die regte produkte kry en water sal nie ‘n kwessie wees nie, want die waterbotte sal seker maak dat daar genoeg damme op die regte plekke gebou word nadat  die weerkundigebotte vasgestel het waar die beste reënval gaan plaasvind. 

Ek besef dat julle ‘n hele koerant aan my sal moet afstaan as ek die nuwe era wil besing, want die moontlikhede is legio. Ons gewone mense sal soos die superrykes net speel en die wêreld verken en die wêreld sal ‘n paradys word. Geen werkloosheid op aarde meer nie, want elke liewe mens sal vervang word deur ‘n harwerkende bot...  en ons hoef nooit weer Lotto-kaartjies te koop nie, want alles is gratis en die botte werk 24 uur per dag en vra nie ‘n sent vir hul arbeid nie.

Kan daar beter nuus wees?

Meer oor:  George  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.