Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
RSG mog nie eens Bok-wedstryd uitsaai

As rugbyondersteuner wat nie amper R1 000 per maand kan bestee aan ’n MultiChoice-pakket nie, moet ek na die radio-uitsendings op RSG terugkeer. Maar RSG het nie eens die reg gehad om Saterdag se toets tussen die Bokke en Nieu-Seeland regstreeks uit te saai nie.

Hoe uitgesluit gaan die Bokke voel gedurende die Wêreldbekertoernooi as hulle verneem dat baie min van hul landgenote hulle in aksie gaan sien? Ek dink dit is ’n skande dat net sowat 5% van ons burgers toegang tot rugby op TV het.

As oudskakelbeampte van die sport stoei was ek destyds betrokke by die reëlings van ’n geselligheid vir mense wat saam met wyle Gerhard Viviers gewerk het.

Een van die name op die gastelys vir dié geselligheid was dié van die akteur Paul Eilers, wat onlangs dood is.

Viviers, wat as bestuurder van sport by die destydse Afrikaanse Radiodiens (vandag RSG) uitgetree het, was een van die gewildste en talentvolste sportkommentators wat in Afrikaans oor die eter uitgesaai het.

Meer oor:  My Stem  |  Multichoice
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.