Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
RSG: Onthou die pioniers

Aansluitend by Cules Hamman van Kilnerpark bekla ons die gebrek aan goeie ligte Afrikaanse musiek op RSG.

Vergeefs wag ons om snitte te hoor van Coenie de Villiers se pas uitgereikte CD, Emoji, of Jannie du Toit se Oesjaar. Vergeet ons so gou ons Afrikaanse musiekpioniers?

Du Toit het ’n pragtige huldeblyk aan Christa Steyn gekomponeer – “Sy genade is genoeg”.

Die musiekverwerking en instrumentale begeleiding deur uitmuntende Suid-Afrikaanse instrumentaliste is van die hoogste gehalte op hierdie twee nuwe albums. Ongelukkig hoor ons dit nie op RSG nie.

Dié brief is ’n beroep op die samestellers van RSG-programme om Afrikaanse kunstenaars van gehalte te erken deur hulle oor die lug te laat hoor.

Meer oor:  Midvaal  |  Brief  |  Mystem  |  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.