Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ruk ekonomie baie dringend reg

Volgens “Só val Ipap op die grond” (12.08) het David Kaplan, afgetrede professor in ekonomie, in ’n onlangse studie bevind dat Suid-Afrika se vervaardigingsproduksie steeds laer is as in 2008. En dít terwyl ander ontluikende markte hul produksie met tot 50% verhoog het!

Die mate waarin die ekonomie onder die ANC weens wanadministrasie ge­deïndus- trialiseer (gedekoloniseer?) en vervaardigings­vermoë verloor het – veral in die afgelope dekade – is baie verontrustend.

Talle werk­geleenthede is nou daarmee heen en werkloosheid en misdaad neem steeds toe.

Tensy die regering afsien van sy skadelike ideologiese nasionale demokratiese revolusie en in staat is om baie vinnig prakties uitvoerbare regrukplanne vir die ekonomie op te stel en uit te voer, gaan die ekonomie aanhou om in die rommelput te stagneer en die land met sy be­volkingsaanwas aanhou verarm.

Selfs al kon die regering wondere verrig, gaan die herstel nog jare duur.

Meer oor:  Ekonomie  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.