Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ruk jou reg en deel in die euforie

Ons het deur en deur bewys dat ons ’n wêreldkampioen-nasie op die rugbyveld is, maar kan ek en jy dit ook van die veld af wees?

Maklik. Indien ons bereid is om ’n paar toegewings te maak.

Groet alle mense op straat, soos daardie omie van Garies wat telkens sy Battersby lig as hy met sy ou Datsun-bakkie van voor af verbykom. Knoop ’n geselsie aan terwyl jy in die bank in ’n ry staan, of in die winkel.

Maak vrede met die buurman se keffende brakkie, en vra sommer ook vir sy seun hoe hy dit regkry dat sy motorfiets so ekstra “lekker” brul. Gee die haastige knaap in die Polo kans om regs verby te blits, of laat hy maar die parkeerplek kry. Dit is goeie oefening om ’n bietjie verder te moet stap.

Wees verdraagsaam en verduur almal in liefde. Selfs vir prof. Anton van Niekerk, Helen Zille, Eben Etzebeth, die bitterbekkige dr. Ndlozi (dankie, Max), die heer Hofmeyr, die NGK en Eskom.

Knik vriendelik as die taxi rakelings voor jou insny. Kners maar op jou tande, ’n gebit kan baie slae verduur.

Betaal jou boetes, gaan help by ’n sopkombuis en gee blomme by die ouetehuis af. Laat jou hare sny, koop ’n vrolike hemp en sê vir jou vrou dit is tyd vir haar nuwe vlag-swemnommertjie.

Skep ’n positiewe ingesteldheid en sommer ook ’n nuwe refrein vir jou lewenslied: “Hie’ kommie Bokke, hie’ kommie Bokke, hoeka chaka!”

En jy sal wonderlike dae van vreugde en vrede beleef.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.