Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ruk jou reg en pluk vir haar ’n blom

Februarie in die Kaap is nie net erg warm nie, maar die klomp onromantiese mans wat Valentynsdag as ’n geldmaakstorie afmaak, maak my net verder warm onder die kraag. Is ’n roos, stil-stil in haar motor se ruitveër vasgeknyp, te veel gevra?

Iemand was egter bereid om sy lewe te gee ter wille van die huwelik. Volgens oorlewering is die katolieke biskop St. Valentinus op 14 Februarie 270 doodgemartel omdat hy soldate in die geheim getrou het. Die Romeinse keiser Claudius II was teen huwelike gekant, want hy het gemeen dat getroude mans treurige soldate is. Daarom het die biskop die hoogste prys betaal.

Valentynsdag gee die Adonisse net weer ’n geleentheid om vroulief te bederf. Daag jy uit die bloute met ’n gerf blomme by die huis op, sal sy dadelik agterdogtig raak. Sy dink dalk dat jy tydens beurtkrag ’n kantoorkat in die donker geknyp het, of so iets.

Ruk jou reg en maak van 14 Februarie iets besonders. Vergeet die ou geldmaakfoefie-argument of dat sekere gebruike onheilig is. Jy het mos al vir Kersvader en die Paashaas gekelder.

Staan vroeg op en pluk vir haar ’n blom in die tuin, of hang oor die pastorie se muur om een te kry. Al sien broer Dominee jou deur die kantgordyne, sal hy verlig voel . . . een paartjie minder vir huweliksberading. Maak self haar geskenkie op, jou poging sal waardeer word.

En dan . . . dra sir Paul McCartney se “My Valentine” aan haar voor. Ek waarborg jou jou lewe vir die res van die jaar sal ’n salige een wees. “Happy wife, happy life!”

Meer oor:  Mystem  |  Valentynsdag  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.