Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Rybewys: Opleiding eerder as hertoetsing

Die hertoetsing van motorbestuurders sal waarskynlik beter wees as dit selektief toegepas word, want volgens alle aanduidings is die probleem die grootste by taxibestuurders, vragmotorbestuurders en dronk bestuurders.

Hertoetsing sal egter nie veel help nie; opleiding kan dalk die antwoord wees en die basiese fisika behoort as ’n vereiste gestel te word. Byvoorbeeld:

  • Die stopafstand vervierdubbel as die spoed van ’n voertuig verdubbel word;

) Vrag, toestand van die bande, banddruk relatief tot die vrag, padoppervlak – nat, of droog, grond- of teerpad – die belang van volgafstand en relatiewe spoed; en

  • Swaartepuntverskuiwing en middelpuntvlietende krag.

Die pleidooi is om die relatief eenvoudige beginsels tuis te bring. Om alle bestuurders gereeld te toets sal baie duur wees. En as dit ure neem om ’n oogtoets te doen, sal dit waarskynlik dae neem vir ’n volle herlisensiëring.

Dit sal ook help om oortreders van die padreëls summier vas te vat.

Meer oor:  Rybewys  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.