Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Rybewyse aanlyn is problematies

Teen dié tyd is dit seker algemene kennis onder die publiek dat ’n aanlyn afspraak gemaak moet word om jou rybewys te hernu.

Jy gaan na https://on­line.natis.gov.za en kies die skakel “DL Card Renewal”. Dan selekteer jy die dienssentrum van jou keuse.

O gaats! Net om elke keer uit te vind “there are no slots available”. Daar is slegs enkele plekke by verafgeleë plekke. Daar is ook geen gerief om jou naam op ’n waglys te plaas nie. Jy word eenvoudig aangeraai om weer later te probeer.

Ek gaan een van die dae twee maande oorsee en as ek nie voor die tyd ’n afspraak kan kry nie, sal dit te laat wees by my terugkeer.

Die uiteinde sal wees dat ek genoop sal wees om sonder ’n geldige rybewys te bestuur. Wat het van ons eens doeltreffende land geword?

Meer oor:  Rybewys  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.