Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Rybewyse: Aanlynstelsel ’n gemors

Ek glo dié brief is nie die eerste of die laaste klagte wat Beeld ontvang oor die gemors oor die aanlyn afspraakstelsel vir die hernuwing van rybewyskaarte nie.

Ek het twee maande voor my rybewys se vervalmaand ’n afspraak gereël, maar my voorkeurdatum is eenvoudig geïgnoreer. ’n Datum is aan my toegeken in Desember 2018, ’n tyd toe ek onvermydelik uitstedig sou wees.

Toe moes ek uitvind dat dit blykbaar onmoontlik is om die eNaTIS-mense te kontak vir ’n verskuiwing van die afspraak (hulle antwoord nie oproepe na 0861 400 800 nie). Ek het ook probeer om weer aansoek te doen, maar is meegedeel dat ek reeds ’n afspraak het en nie twee afsprake mag maak nie!

Die gevolg is dat ek nie nou ’n afspraak het nie en al die kantore behalwe Langlaagte dui vandag aan: “No slot available.” Hulle sê nie of dit vir die dag van aansoek of vir ’n week of vir ewig is nie. Ek sien nie kans om twee keer Langlaagte toe te ry vanaf Pretoria nie – dis ’n bietjie veel gevra.

Ek het gelukkig bewys van my eerste afspraak, maar gaan ’n verkeersbeampte dit aanvaar sonder dat ek “koeldrankgeld” moet uithaal?

Meer oor:  Rybewys  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.