Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
SA burger kan nie ID bekom

My huiswerker se kleindogter het nie ’n ID nie omdat haar ma sonder een is. Sy het nou al vele werkgeleenthede as gevolg daarvan misgeloop.

Ons spook nou al langer as ’n jaar om dit reg te stel – bloedtoetse (R2 100 uit my sak), geboorte-inskrywings, skoolrapporte, herhaalde besoeke aan binnelandse sake in ’n buurdorp, ensovoorts. Sonder sukses. Sy word tot satwordens toe aangesê om te wag op ’n oproep om vir ’n onderhoud ook nog te kom om die saak te finaliseer. ’n Burger van ons land sonder identiteit, sonder werk.

Ek kan al my hare uit my kop trek dat ons nie die aanvanklike aanbod van ’n amptenaar, R1 000 vir ’n ID, aangegryp het nie.

Meer oor:  Mystem  |  Sa Burger  |  Briewe  |  Id
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.